Thursday, Sep, 25, 2025
Questionnaire
The National Citizen Logo

Cornel Jooste: Lewe vol Musiek en Drome

Wellington | Hope Makhoba | 19 Friday 2025
Cornel Jooste: Lewe vol Musiek en Drome

Cornel Jooste van Wellington is ‘n jong kunstenaar wie se liefde vir musiek hom dryf om sy passie met ander te deel en hulle te inspireer.

Een van Jooste se bekendste enkelsnitte, “Kapoint se Legend”, het hom gewild gemaak onder aanhangers. Sy musiekreis het egter reeds in 2013 begin toe hy nog ‘n graad 8 leerder by Bergrivier Hoerskool was. Daardie jaar het hy vir Jevigo ontmoet, en dit was die begin van sy loopbaan.

“In 2014 het ek n groot transformasie in my musiekloopbaan beleef. Van daar af het dinge net beter en beter gegaan,” se hy. 

Teen 2017 het Jooste sy eerste groot solovertoning by Bergrivier Hoerskool aangebied en kort daarna by die Karofees in Lainsburg opgetree, ‘n belangrike hoogpunt in sy loopbaan. Tog se hy dat musiek vir hom nog altyd oor liefde en passie gegaan het. “Ek is nie ‘n geregisteerde musikant nie, en het nie altyd vir optredes betaling ontvang nie, maar dit het my nie gestop nie. Ek het musiek gemaak omdat ek lief is daarvoor.” 

In 2020 het Jooste sy kreatiewe horisonne verder verbreed deur te begin met die maak van musiekinstrumente, ’n vaardigheid waaraan hy steeds werk. Buiten sy musiek en instrumente, beoefen hy ook fotografie in sy vrye tyd.

Hy noem Earl en Agemi as groot inspirasies in sy vroeë jare. “Toe ek hulle musiek die eerste keer hoor, het dit my onmiddellik geïnspireer om my eie pad te stap,” sê hy. Hierdie invloede, saam met sy eie lewenskeuses, het hom gevorm tot die kunstenaar en mens wat hy vandag is.

Vir Jooste is keuses van kardinale belang. “Ek is trots op die besluite wat ek gemaak het. Ek glo ek sou nie vandag hier gestaan het as ek nie die regte keuses in my jonger jare gemaak het nie,” sê hy.

Vandag gaan sy loopbaan steeds van krag tot krag. Onder die naam Shorty Music deel hy sy werk op Facebook, en in sy eie ateljee bied hy jong kunstenaars die geleentheid om hul musiekdrome te begin bou.

Jooste sê sy droom is om eendag instrumente vir Chris Brown te maak en homself op televisie te sien. Hy wil ander aanmoedig om nooit op hul drome op te gee nie, want volgens hom kan ’n mens enigiets bereik in die lewe met harde werk.

https://www.facebook.com/cornel.sorty

About Us

The National Citizen Icon

The National Citizen brings the community together. Delivering relevant, inspiring and solution-driven content to the citizens of South Africa.

Quick Links

Get In Touch

admin@nationalcitizen.co.za
0710269746