Sunday, Jun, 21, 2026
The National Citizen Logo

Vandag se Jeug word Môre se Leiers

Wellington | Deacon Lottering | 19 June 2026
Vandag se Jeug word Môre se Leiers

Jeugdag word gekernmerk as ‘n dag van opofferings tydens die 1976 Soweto-opstand. Dit dien as ‘n voorbeeld van die jeug se vermoë om verandering te bring rakende hulle ontevredenheid oor die verpligte onderrigtaal. Dit blyk soms dat ons vergeet waarom dit belangrik is dat ons hierdie dag en wat dit vir ons jeug van vandag beteken, vier.

Op 16 Junie 2026, was jeugdag gevier in Wellington by die KSUT-sportgronde. Verskeie sportsoorte soos rugby,vlugbal,sokker en netbal was beskikbaar vir die kinders om te speel om die dag vir hulle pret te verskaf.  Baie kinders sien sport as ‘n uitlaatklep, om die omstandighede waarin hulle hulself bevind,  te ontsnap. Die jeug van vandag, staar algemeen struikelblokke soos armoede en bendegeweld in die gesig, wat dit moeilik maak vir hulle om ‘n manier uit dit te sien. Ons, die leiers van vandag, het juis ‘n gemeenskaplike plig om te verseker dat hierdie jong mense die nodige sportfasiliteite het, om sport te beoefen. Sport dien as ‘n opsie vir die jeug, om die regte keuses te maak vir ‘n beter toekoms.

Summer-Joy Hendricks, ‘n vlieënier van Worcester, noem dat jou omstandighede nie bepaal waar jy gaan opeindig nie. Baie kinders sien nie die lig aan die einde van die tonnel nie, dus is gassprekers soos Summer-Joy Hendricks belangrik vir ons jeug om te sien. Sy dien as inspirasie dat dit moontlik is om ‘n sukses te maak van jouself ongeag jou omstandighede.

Die belangrikheid van jeugdag is dat die toekoms in die hande van ons jeug lê. Prof. Dippenaar van KSUT noem, “Ons ‘n groot impak moet het op die jeug om te verseker dat hulle nie op die strate beland nie.” Weereens suggereer dit dat ons ‘n verantwoordelikheid teenoor ons jeug om te verseker dat die toekoms belowend lyk. 

Prof Dippenaar staan met CPUT Studente

Ons herdenk jeugdag vir ons verlede wat ‘n pad van opoffering en oorwinning was, maar ook vir ‘n voorspoedige toekoms.

The National Citizen Icon

The National Citizen brings the community together. Delivering relevant, inspiring and solution-driven content to the citizens of South Africa.

admin@nationalcitizen.co.za
0710269746